Tuesday, September 9, 2008

Die huwelik.

WENKE VIR (byna) VOLMAAKTE HUWELIK.

Geskryf deur Colin Immelman

Hier volg ‘n paar wenke vir die volmaakte huwelik,
As jy wat hier volg, deeglik weeg en wik,
Sal jy geseen wees met ‘n huwelik lank en ryk,
Sonder dat jy ooit voel die liefde neem die wyk.

Wees altyd eerlik en absoluut opreg,
Behalwe as sy dalk mag vra: “lyk ek in hierdie rok dalk effe vet?”
Steek dan jou trots in jou sak ou maat, en buig die waarheid so ‘n knert,
Deur ‘n witleuentjie hier te vertel,
Sal verseker in jou guns tel.




Onthou die vrou is altyd reg,
Al is sy ook op die verkeerde weg.
Moet nooit dink jy is ooit reg,
Want met spiëel, oogpotlood en poeierkwas en skerp tong sal sy haar saak beveg.

Jy sit gewoonlik die pot heeltemal mis
As jy enigiets as vanselfsprekend wis.
Hou altyd by haar reels,
My ou neefs,
In meervoud neergelê
En maak presies net soos sy vir jou sê….

Daar is by enige vrou slegs twee reëls,
Die eerste is: “ONTHOU, EK IS ALTOOS KORREK!”
En as sy miskien sou afwyk van daardie weg,
Meneertjie, onthou dan net reel een, “ek is altyd reg!”

As jou oë dalk mag dwaal na ‘n mooie aster,
Glo my vry, dan raak haar lippe al hoe vaster.
Twee reguit lyne, styf saamgepers,
Hiermee wys sy jou stilswyend op die regte weg.

Broer, voel jy nou maar nie alleen,
Meeste van ons sit met dieselfde probleem.
Bose geeste en demone is dit nie, wees jy nou maar daaroor ook gerus,
Maar slegte buie, pms en oortollige vetjies is die oorsaak, dis gewis.

As jy ooit sou twyfel,
Of as jy dalk voel jy raak die pad nou byster,
Al probeer jy ook vir die vale,
Onhou, een ding staan soos ‘n paal bo wate…..
Doen altyd net jou aller-bes,
Want God sal sorg vir die res!

http://poems4u-colin.blogspot.com

1 comment:

Unknown said...

Brian McFadden sings a song along the same line. So guys beware!!!